
Onderwerpe wat aangespreek word is God die Vader, Seun en Heilige Gees,
boeliegedrag, die grootheid van die Skepping, familie, vrese, respek,
jou waarde en waar elkeen van ons inpas in God se plan en die wêreld.
Dit sal jou help om jou kind lewenslesse en -vaardighede aan te leer.
Vir ouderdom 3-8 jaar.
Illustrasie vir elke gediggie deur Wess-lee de Klerk.
CD met 20 musiekopnames word ingesluit.

'n Eerste tematiese, tweetalige geillustreerde kinderwoordeboek in volle kleur.
Vrolike rympies ondersteun die bekende temas.
Die liggaamsdele, kleure en vorms, aktiwiteite en syfers vul die temas aan.
Direkte assosiasie tussen voorwerp en woord.
A first thematic bilingual illustrated wordbook in full colour.
Cheerful rhymes support the familiar themes.
The parts of the body, shapes and colours, activities and figures complement the themes.
Direct association between object and word.

Min mammas en pappas is bewus daarvan dat kleuterrympies 'n geweldige belangrike bousteen in hul kleuter se taalkundige
en emosionele ontwikkeling vorm.
Kenners oor leesvaardigheid en kinderontwikkeling het bevind dat
kinders wat op vier jaar oud minstens agt kleuterrympies kan opsê op
agt gewoonlik die beste lesers in hul ouderdomsgroep is.

Rondomtalie: Rympies en Liedjies (Boek + CD)
Maak gereed vir hope kleuterpret in hierdie pragboek met 'n CD by! Wat kry jy wanneer drie van die land se talentvolste kunstenaars kragte saamspan en
'n kleuterboek die lig laat sien? Hope pret, natuurlik! In Rondomtalie verskyn 'n prettige keur uit die gewilde en bekroonde kinderrympie-koning
Jaco Jacobs se kleuterversies, pragtig deur die talentvolle kunstenaar Karen Ahlschlager geillustreer. En om als te kroon bevat die boek ook 'n
CD waarop die veelbekroonde toonsetter en sangeres Anna Davel haar fantastiese toonsettings van al 30 versies sing! Kom ry saam op die Teddiebeerbus,
ontmoet vir Bambino die reus van Bitterbos, galop op die rug van 'n wilde perd, soek goggas in die tuin of hou 'n kussinggeveg!
Die boek bevat altesaam 30 rympies en 30 liedjies. Hierdie pragpublikasie beloof ure se vermaak vir kleuters.
Inhoud/Speellys 1. Kielie-kabouter 2. Bambino, die reus van Bitterbos 3. Grootmeneer 4. 'n Dag by die dieretuin 5. Voƫltjies hou van sing
6. Spat in die bad 7. Dinosouruspret 8. Slaap, Sibongile 9. Skoppelmaai 10. Padda op 'n klip 11. Klop, klop, klop 12. Tande borsel
13. Teddie se wiegelied 14. Tien pikkewyne 15. Wilde perd 16. Spring 17. Winkel toe 18. Hande klap 19. Kattermaai 20. Trapsoetjies
21. Die Teddiebeerbus 22. Blokkies 23. My klere het gekrimp 24. Blou ballon 25. Wolke 26. Goggas 27. As jy mooi vra 28. Voor die spieël
29. Daar's 'n beer in my bed 30. Kussinggeveg
Afrikaanse kleuterrympies
Blink vosperd, Die kat kom weer
Bobbejaan klim die berg, Kabouterman
Duimpie, Apie, Vingerling & Trippe trappe trone
Hansie Slim, Hoedjies van papier, Tortelduifie
Hoendertjie speel, Tik- & drukspeletjie, Treinrympie & Wielie Walie
Hoe ry die boere? Perdjie
Klop, klop, klop, Handjies klap, Kennewippie
Saai die waatlemoen, Kittie, Rokkies, So ry die trein
Slaap my kindjie, Mandjie rose
Meer Kleutersrympies
Apie op 'n stokkie Raaiselrympie... Skoon hande Stukkend |
Swart skaap Tien klein paddatjies Trein ry Vingerling Wippie en Snippie |