Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 140 selfklewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle voor en tydens kleuterskool benodig, verder te ontwikkel!




Die handleiding bevat lesplanne vir elke dag en is saamgestel volgens die Nasionale Kurrikulumraawerk vir kinders van geboorte tot vier jaar om onderwysers, onderrigpraktisyne, ouers en oppassers te help om hulle peuters, kleuters en kinders op pad na Graad R te onderrig op 'n speelse manier.
Elke week (daar is 40 weke) begin met 'n spinnekopdiagram, agtergrondinligting oor die vaardigheidontwikkeling van die week, en begin dan met 'n sirkelaktiwiteit vir elke dag (met twee addisionele aktiwiteite) wat u met die kind doen en eindig met 'n storie. Dit bevat ook 'n "Bak-en-brou"-aktiwiteit aan die einde van die week waar die kind eetbare voorwerpe maak (soos 'n varkkoekie wat by die "Plaasdiere"-tema aansluit asook 'n poppekasstorie.
Die handleiding bevat
*aktiwiteite wat al die ELDA's (vroeë leerontwikkelingsareas soos "Kreatiwiteit", "Welsyn", ens., dek.
*agtergrondinligting oor die voorskoolse program.
*wenke vir aktiwiteite wat met behulp van goedkoop en maklik verkrygbare materiale voltooi kan word.
*basiese konsepte wat die kind moet leer.
*temas soos "Ek", "My liggaam", "Diere" (met aparte temas soos "Voëls", "Troeteldiere" en "Plaasdiere"), en "My omgewing", ens.
Die handleiding sal u help om u kind suksesvol na Graad R te vorder. Die doel van die handleiding is om kinders speel-speel op te voed en hulle vaardighede te ontwikkel.

Die NUWE ALLES-IN-EEN Voorskoolse Aktiwiteitsboek is saamgestel om
* ouers
* opvoeders
* praktisyne
* versorgers
te help wat hul kinders 'n voorsprong wil gee.
Hierdie aktiwiteitsboek is saamgestel volgens NKV.
Verskaf aktiwiteite wat praktiese vaardighede ontwikkel.
Sluit vroeë leer- en ontwikkelingareas (ELDAs) in.
Help kleuters/jong kinders ontwikkeling aan.
Moedig kreatiwiteit & kleinspierontwikkeling aan. Sluit 2D- & 3D-aktiwiteite in.

Slimkoppe: Is ek reg vir skool? - geskryf en hersien deur 'n span ervare onderwysers, arbeids-, spraak- en fisioterapeute
bied al die raad en hulp wat jy nodig het met voorskoolse kinders.
Gedetailleerde notas en advies, gekombineer met stimulerende, kleurryke aktiwiteite, toets of kinders
liggaamlik, verstandelik en emosioneel gereed is vir skool.
Die aktiwiteite dek al die belangrike ontwikkelingsaspekte, soos liggaamsbeeld, selfbeeld, die kind se persepsie
van ander, waarneming van die omgewing, geheue, koordinasie, spraak en gehoor.
Die uitvoerige notas en wenke help
ouers en onderwysers verstaan hoekom dit belangrik is dat die kind spesifieke aktiwiteite moet baasraak,
verduidelik hoe by elkeen te werk gegaan moet word en doen voorstelle aan die hand vir kinders wat ekstra
oefening nodig het.
'n Volledige lys is ingesluit van al die terme wat gebruik word om na kinders se ontwikkeling te
verwys. Die rol van arbeids-, spraak-, fisio- en speelterapeute, en die van sielkundiges, word verduidelik.
'n Volkleur-aktiwiteitsboek, ontwikkel om drie-, vier- en vyfjariges sleutelvaardighede te help aanleer terwyl hulle speel-speel aktiwiteite aanpak saam met die liewe Slimkoppe-karakters. Die reeks is in Suid-Afrika gekonseptualiseer, ontwikkel en geskryf deur ervare opvoeders wat spesialiseer in kinders se vroeë ontwikkeling. Elke boek bevat aktiwiteite wat kinders vroeë syfer-, letter- en lewensvaardighede help ontwikkel om jou voorskoolse kind 'n voorsprong te gee.



Hierdie boekie vorm deel van 'n reeks Slimkop volkleur kartonboekies vir baie jong kinders. Dit fokus op een woordsoort en leer vroee woordeskat met pret en wisselwerking. Notas op die agterblad verduidelik aan ouers die beste manier om die boekie met hulle kleintjies te gebruik.



Hierdie boekie vorm deel van die kleurvolle Slimkoppe skryf-en-vee-reeks wat deur praktiserende Suid-Afrikaanse opvoeders betrokke by Vroeë kinderjare ontwikkeling geskep is. Die boekies is ontwerp om voorskoolse leerders (3 tot 5 jaar) sleutelkonsepte te help ontwikkel en om seker te maak hulle leer ordentlik skryf en teken ter ondersteuning van die latere leerproses.




Met hierdie kartonboek word kinders aan die wonderlike wêreld van kleure bekendgestel! Helderkleurige illustrasies en eenvoudige eerste woorde leer kinders speel-speel van die kleure van die wêreld waarin hulle grootword!



Kinders vanaf 2 jaar gaan hope pret hê met die oulike tonele in hierdie boek wat hulle kan inkleur en met plakkers versier. Die boek sluit 100 plakkers in wat spesiaal vir klein handjies gemaak is. So leer kinders speel-speel meer oor allerhande soorte voertuie. Boonop help die boek kinders om hul waarnemingsvermoë en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel deur in te kleur en die korrekte plakkers te kies en te plak.





"Klik net op bazoo se prentjie; dan neem dit jou direk na waar jy dit kan bestel."
