




Prettige Bybellesse wat kinders meer leer van selfbeheersing. Dit is baie belangrik dat ouers vir hulle kinders van kleins af goeie waardes leer wat hulle vir die res van hulle lewe met hulle kan saamdra. Met behulp van die Bybel-bytjies-reeks kan ouers drie van hierdie Bybelse waardes op 'n prettige manier in hulle kinders se lewens inbou. Deur eenvoudige aktiwiteite soos doolhowe, blokkiesraaisels en inkleurprentjies sal kinders tussen 6 en 10 jaar leer: Dankbaarheid gee 'n dieper betekenis aan alles wat jy doen. Selfbeheersing help jou om versoekings te weerstaan. Fluksheid sal jou meer suksesvol maak. Hierdie oulike reeks sal ouers help om moeilike konsepte op 'n opwindende manier vir hulle kinders te leer.


Leer ken die Nuwe Testament deur bondige stories en opwindende aktiwiteite.
Nou kan kinders die Nuwe-Testamentiese stories op 'n vermaaklike en kreatiewe manier leer ken.
Die 26 stories in Die groot Bybel vir klein hartjies (NT) Inkleur-en-aktiwiteitsboek bied elk 'n
· mini-weergawe van 'n bekende Nuwe-Testa-men-tiese storie
· bladsy om in te kleur
· aktiwiteit om te voltooi
Die aktiwiteite, geskik vir kinders tussen 5 en 8 jaar oud, sluit in: ontsyfer die geheime boodskap,
verbind pasmaats, soek woorde, soek verskille en nog vele meer. Die antwoorde kom agter in die boek voor.
Die stories en meegaande aktiwiteite sal verseker dat kinders 'n fees het terwyl hulle meer leer van God se Woord.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Big Bible, Little Me New Testament Coloring and Activity Book.

Oom Angus en Snowy deel stories oor die lewe op die plaas en die lewe saam met Jesus.
Spring in die saal vir 'n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy perd Snowy. Snowy is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy
Bybel lees en bid. Hulle is beste maatjies en werk hard saam op die plaas.
Snowy deel plaasstories waarby kinders sal aan-klank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe Snowy vriende wou maak met Big Stuff, 'n baie kwaai en knorrige perd.
Of die keer toe Snowy bang was om deur die rivier te gaan en oom Angus hom gehelp het om sy vrees te oorkom.
Elke storie word gekomplementeer met 'n teksvers, gebed en prettige aktiwiteit met 'n plaastema. Die aktiwiteite sluit in legkaarte, soek die verskil en doolhowe.
Die 11 stories met hulle avontuurlike aktiwiteite sal Snowy sommer gou 'n gunsteling maak van kinders tussen 5 en 8 jaar.

Kinders het van nature 'n liefde vir die natuur en veral diere.
Die skrywer gebruik dit as wegspringplek om kinders van God en die Bybel te leer.
Elke dagstukkie gebruik 'n dier of insek om die les tuis te bring.
Miere, arende, slange, bye, skerpioene, visse en kamele kry elk die geleentheid om die kind iets te leer en vreugde
te verskaf met kleurryke, humoristiese illustrasies.
Die dagstukkies is kort en eenvoudig, en kinders kan die stukkies self lees of die ouers kan
dit aan hulle voorlees. Goggas en gediertes is ideaal vir kinders se stiltetyd of om by huisgodsdiens te gebruik.

My eie Bybel is die perfekte geskenk.
My eie Bybel bevat 'n versameling van al die klassieke, gewildste Bybelstories, insluitende al die
immergroen gunstelinge wat by almal byval vind.
Die stories word op 'n eenvoudige manier deur Bethan James aangebied sodat die kleinspan
dit sal kan verstaan.
Al die stories is kleurvol geillustreer deur die ervare kinderboek-illustreerder, Estelle Corke.


Met Dawid en Goliat - Soek, vind, ontdek word klein kindertjies op 'n lekker speelse manier bekendgestel aan die wonderlike verhaal van
Dawid en Goliat. Terwyl die ouer voorlees, kan die kind begin soek aan die voorwerpe in die illustrasie op die blad langsaan.
Die boek se eenvoudige teks en baie oulike ouderdomsgepaste illustrasies sal die kleingoed se aandag trek en hulle opgewonde maak
om weer en weer dié immergewilde storie te hoor. Daar is ook 'n boek oor Noag se ark in die reeks.


Toe die Fariseërs hoor dat Jesus die Sadduseërs die mond gesnoer het, het hulle bymekaargekom, en een van hulle, 'n wetgeleerde, het Hom met 'n vraag probeer vastrek. "Meneer," vra hy, "wat is die grootste gebod in die wet?" Jesus antwoord hom: "'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel' Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat."
Die herderspsalm - Psalm 23Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.
Die tien gebooie - Eksodus 20Toe het God al hierdie gebooie aangekondig:
Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.
Jy mag naas My geen ander gode hê nie.
"Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel
daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie.
Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God,
eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe,
selfs tot in die derde en vierde geslag van die wat My haat,
maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van die wat My liefhet
en my gebooie gehoorsaam.
"Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die
een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie.
"Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou.
Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet,
maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk
doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk,
of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie.
Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak,
die aarde en alles daarop, die see en alles daarin.
Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde
rusdag geheilig.
"Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat
die Here jou God vir jou gee.
"Jy mag nie moord pleeg nie.
"Jy mag nie egbreuk pleeg nie.
"Jy mag nie steel nie.
"Jy mag nie vals getuienis teen 'n ander gee nie.
"Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie.
Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin,
n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie."
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.
Jesus loop op die see - Johannes 6:16-21Toe dit aand word, het Jesus se dissipels na die see toe gegaan, in 'n skuit geklim en weggevaar na Kapernaum toe, oorkant die see. Dit was al donker en Jesus was nog steeds nie by hulle terug nie.
Daarby het die see onstuimig geword, omdat daar 'n sterk wind gewaai het.
Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword.
Maar Hy sê vir hulle: "Dit is Ek; moenie bang wees nie."
Hulle was toe gewillig om Hom in die skuit te neem, en daarna het die skuit by die land aangekom waarheen hulle op pad was.
Toe Jesus dit hoor, het Hy met 'n skuit daarvandaan weggegaan na 'n stil plek om alleen te wees. Die mense het hiervan gehoor en Hom van die dorpe af te voet gevolg. Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak. Toe dit al aand begin word, het sy dissipels vir Hom kom sê: "Dit is 'n afgelee plek en dit het al laat geword. Stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe." Maar Jesus sê vir hulle: "Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet." Hulle sê toe vir Hom: "Ons het hier net vyf brode en twee visse." "Bring dit vir My hier," sê Hy. Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die seën. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee. Al die mense het geëet en genoeg gekry, en hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood wat oorgebly het. Daar was omtrent vyf duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders.
|