SA Geskiedenis
Suid Afrika se Geskiedenis


Bartolomeu Dias Jan van Riebeeck Vasco da gama
Nelson Mandela Robbeneiland Thabo Mbeki
Mark Shuttleworth:                           1ste Suid-Afrikaner in die ruimte Provinsies van Suid-Afrika Suid-Afrikaanse monumente
Chris Barnard Natalie du Toit Die Gautrein
Shaka Die San: raaiselvolk van die klein, geel mensies Sarah Baartman
Suid-Afrika se vakansiedae Oorsprong van Afrikaans Hansie Cronje


Ken jou land is 'n gids tot Suid-Afrika se nasionale simbole

DIE NASIONALE VLAG

Dis op 27 April 1994 as ons landsvlag aanvaar en op 10 Mei 1994 die eerste keer met Nelson Mandela se ingeduldiging gehys.
Die sentrale ontwerp begin met 'n V-vorm by die vlagpaal en vloei in 'n horisontale streep na die buiterand.
Dit simboliseer die ineenvloeiing van SA se uiteenlopende elemente.
Fredelick Brownell, 'n voormalige Suid-Afrikaanse staatsheraldikus, het die vlag ontwerp.
MOET EN MOENIES
Die vlag mag nie aan die grond of vloer raak nie.
Wanneer jy voor die vlag staan, moet die swart driehoek links wees en die rooi gedeelte bo.
As dit binnenshuis vertoon word, moet die vlag aan die regterkant wees (waarnemers links), want dit is die posisie van gesag. In 'n saal moet dit altyd aan 'n spreker se regterkant vertoon word.
NASIONALE WAPEN

Die lanswapen is die hoogste visuele simbool van die staat. Die sentrale afbeelding is van 'n sekeretarisvoël met sy vlerke gelig, met die son bo hom en die nasionale blom, die protea, onder.
Die koringare dui op die vrugbaarheid van die grond en die olifanttande op wysheid, bestendigheid en krag.
Die skild, spies en knopkierie dui op beskerming.
Binne-in die skild is afbeeldings van die Khoisan, die eerste bewonders van die land.
Die leuse, !ke e:/xarra//ke, is in die Khoisan-taal van die /Xam-vold. Dit beteken "Uiteenlopende mense verenig" of "Mense wat verskillend is, sluit by mekaar aan."
NASIONALE DIER

Ons nasionale dier is die spingbok. Dit is ook die naam van die Suid-Afrikaanse rugbyspan. Die springbok kry sy algemene naam van die kenmerkende spronge wat hy uitvoer.
Die bok kom in die Vrystaat en Noordwes, van die Karoo tot by die Weskus voor. Hy is ongeveer 75 cm hoog en weeg sowat 40kg. Albei geslagte het horings, maar die ram s'n is dikker en growwer.
Springbokke is die vinnigste wildsbok en kan 'n snelheid van meer as 80km/h haal. Jy kan hulle maklik van ver uitken aan die kenmerkende wit merke op hul gesig en aan die onderkant van hul lyf.
In die winter beweeg hulle in klein en in die somer in groter troppe.
Springbokke paar die hele jaar deur en hul lammers word na 'n draagtyd van ses maande gebore.
NASIONALE VOëL

Die bloukransvoël word feitlik net in Suid-Afrika aangetref. Die voël van 'n meter hoog is blougrys en het 'n lang netk.
Hulle lê hul eiers in die oop veld, dikwels naby water. Bloukransvoëls is algemeen in die Karoo, maar word ook op die grasvelde van KwaZulu-Natal en die Hoëveld aangetref.
Hulle is gewoonlik stil, maar kan 'n hoë, ratelende krasgeluid maak wat ver gehoor kan word.
NASIONALE BLOM

Die reuse- of koningsprotea is wyd versprei - van die Sederberge in die Wes-Kaap tot net oos van Grahamstad in die Oos-Kaap.
Dis die grootste in die proteafamilie. Die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan staan as die Proteas bekend.
NASIONALE BOOM

Die geelhoutboom is 'n beskermde spesie in Suid-Afrika. Dit kan tot 40 m hoog word en die basis van die stam kan 'n deursnee van tot 3 m hê.
Die Kirstenbosch- Botaniese Tuin in Kaapstad het 'n Geelhoutwandelpad wat na die bopunt van Tafelberg lei.
Geelhoutwoude word ook in die Knysna-omgewing en in die Tsitsikammawoud aangetref en in die klowe van die Drakensberge tot by die Blouberge in Limpopo.
VOLKSLIED
Sedert 1997 is die volkslied 'n samestelling van Nkosi Sikelel' iAfrika en Die Stem van Suid-Afrika/The Call of South Africa.
Enoch Sontanga, 'n Metodiste-sendingonderwyser, het Nkosi in 1897 gekomponeer. Die eerste vers is as 'n Xhosa-gesang geskryf. Die digter Samuel Mqhayi het later sewe verse in Xhosa bygevoeg en Moses Mphahlele het in 1942 'n Sotho-weergawe gepubliseer.
CJ. Langenhoven het Die Stem in Mei 1918 as 'n gedig geskryf.
Dis op 31 Mei 1928 die eerste keer met 'n vlaghysing in Kaapstad in die openbaar gesing.

(Xhosa) Nkosi sikelel' iAfrika
Maluphakanyisw' uphondo lwayo,
(Zulu) Yizwa imithandazo yethu,
Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo.

(Sesotho) Morena boloka setjhaba sa heso,
O fedise dintwa le matshwenyeho,
O se boloke, O se boloke
setjhaba sa heso,
Setjhaba sa, South Afrika - South Afrika.

(Afrikaans) Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes,
Waar die kranse antwoord gee,

(English) Sounds the call to come together,
And united we shall stand,
Let us live and strive for freedom,
In South Africa our land.

Ken jou land deur www.huisgenoot.com - 25 Februarie 2010


" Na Bo "


KOPIEREG 2009-2024 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.