Veiligheid 2
Veiligheid


Vuurhoutjies

Die Vyf Goue Reëls van Veiligheid by die Huis:

1. Leer die noodtelefoonnommers, sorg dat almal in jou huishouding dit ken en plak dit langs die foon op!
2. Lees alle blaadjies in pakkies, etikette en aanwysings. Volg die aanwysings van die vervaardiger.
3. Woon 'n noodhulpkursus by en maak seker dat almal wat jou kinders oppas dit ook doen.
4. Identifiseer moontlike onveilige voorwerpe, produkte en situasies in en om jou huis en beveilig dit.
5. Moet nooit jou kinders verontagsaam as hulle moontlike gevare in en om die huis uitwys nie.
    Beloon hulle vir hulle oplettendheid en betrek hulle by veiligheidsmaatreëls.


Veiligheid by die huis                                         Veiligheid tuis

Ons kosbare kinders.
Kinders moet nooit saam met vreemde mense in voertuie klim nie.
Ouers moet weet waar hulle kinders is en wie saam met die kinders is.
Kinders moet weet dat hulle ook regte het en dat dit gerespekteer moet word.
Kinders behoort verdagte omstandighede leer identifiseer en om dit te rapporteer. Groot mense se omwelvoeglike gedrag of taal behoort deur kinders gerapporteer te word sonder vrees vir vergelding.
Probeer sover moontlik altyd in kontak met u kind te bly.
Ken jou kind, wees lief vir jou kind, bid vir jou kind, beskerm jou kind, wys jy gee om en gee vir jou kind 'n drukkie, spandeer tyd saam met jou kind, hulle is 'n kosbare geskenk van Bo.

Sekerheid in en om die huis.
Maak seker dat u huis veilig toegesluit kan word.
Indien u sleutels verloor of dit gesteel is, vervang die slotte en kry nuwe sleutels.
Sorg vir goeie beligting by u deure en maak seker u weet wie is buite voor u oopmaak.
Ken jou bure. Kry hulle telefoonnommers en hou 'n oog oop vir mekaar se eiendom.
As daar 'n gebiedsbeskermingsaksie vir u omgewing is, raak betrokke daarby. Ondersteun die Gebieds Polisierings Forum (GPF).
Sorg dat u wapens veilig is en dat u weet waar die sleutel is, indien jy dit vinnig nodig mag kry.
Moenie as daar vreemdelinge op u erf in die aand is, in die donker uitgaan nie. Skakel eerder u buite sekerheidsligte aan en laat die bure en die SAPD weet. Sorg dat u bewapen is indien u aangeval word. Druk die noodknoppie van u alarm.

Veilgheid in en om jou woning.
Kan jy en jou gesin maklik uit jou huis kom as dit brand?
Het julle 'n ontsnaproete en is dit ingeoefen? Moenie wag totdat te laat is nie!
Moet nooit kragpunte oorlaai nie. As jy die kragpunt kan ruik, stel dit reg.
Oprolkabels moet altyd uitgerol wees voordat dit gebruik word. Oorverhitting van sulke kabels agv die induktiewe las, kan dit uitbrand of beskadig.
As elektriese toerusting water lek, moet die lek dadelik herstel word. Water gelei krag en is lewensgevaarlik.
Het jou huis 'n brandblusser en rookverkliker? Is dit vir jou belangrik?
Weet watter chemiese middels nie saam geberg behoort te word nie, bv chloor en olie.
Sluit jou gifstowwe toe en sorg dat dit nie in die verkeerde hande beland nie.
Berg medisyne buite die bereik van kinders en oningeligte mense.
Is jou swembad, visdam, plaasdam veilig vir kinders? Waar moontlik moet dit beskerm word en kleuters moet daar weg gehou word.
Is daar om jou woning enige onbeskermde putte of boorgate waarin kinders kan val?

Op pad en by die winkelsentrums.
Weet waarheen jy op pad is. Probeer om nie te verdwaal nie.
Sorg dat jy saan in goed beligte gebiede is en vermy twyfelagtige gebiede.
Moet jou self nie met pakkies so oorlaai dat jy nie meer behoorlik om jou kan oplet nie.
As jy om die een of ander rede onveilig of bedreig voel, sorg dat jy erens kan inbeweeg waar dit veilig is. Mens het tog 'n sesde sintuig wat jou waarsku (ons is net nie altyd goed daarop ingestel nie).
Waar moontlik neem iemand saam as jy by 'n OTM geld trek. As dit verdag voorkom, trek eerder elders geld.
As jy die karwag wil betaal, moenie in die straat met jou beursie staan en vroetel nie, wees gereed met die geld voordat jy die gebou verlaat. Dieselfde geld vir jou voertuig se sleutel.

In jou voertuig.
Vat jou selfoon saam as jy ry.
Wees versigtig en op die uitkyk as jy bestuur. Wees bedag op mense wat rondom afritte en robotte rond hang. Hou jou afstand agter die voertuig voor jou sodat jy, indien nodig kan uit beweeg.
Sluit jou deur en hou jou vensters toe.
Hou items buite sig wat aanleiding kan gee tot breek en gryp- voorvalle by robotte, stopstrate en afritte.
Moenie rylopers oplaai nie.
Wees op jou hoede vir motoriste wat gestrand is, dit word soms as 'n lokval gebruik. Som die situasie goed op en bel vir hulp as dit verdag voorkom.
Parkeer waar daar goeie beligting is en dit veilig is.
Moet nooit items in die kar los terwyl dit geparkeer is nie.
As jou voertuig onklaar raak, bel vir hulp. As iemand hulp aanbied en dit kom verdag voor, se dat hulp reeds op pad is.

KOPIEREG 2009-2024 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.