Leesboeke vir alle kinders
Leesboeke vir alle kinders


Leesboeke: Graad R - 3                 Leesboeke: Graad 4 - 6

"Klik net op die boekie se prentjie wat jy in belangstel; dan neem dit jou direk na waar jy dit kan bestel."

Maklike, verstaanbare storie vir voorlees en selflees met kleurvolle, vrolike illustrasies.

jasper   jasper   jasper   jasper


Leer jy ook al lees? Daar is oral prentjies in plaas van woorde. Gebruik die regte plakker met die woordjies om oor die prentjies te plak. In elke boek kan jy 'n nuwe avontuur saam met Miesiemuis beleef.

   



     



     

Klein Grillie Spinnekop spring op 'n dag weg om te gaan uitvind waarom mense bang vir hom is. Op sy reis vra hy by sy maats en familie raad. Maar elkeen het 'n ander antwoord. 'n Meevoerende storie waarin kinders leer om ander te aanvaar net soos hulle is.

     

Zackie en Vincent is baie opgewonde oor die skool se kaskar-resies.
Maar Anton, die skool se boelie, het 'n splinternuwe kaskar.
En hy het 'n nare plan om seker te maak dat Zackie en Vincent nie die resies wen nie.
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers - en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers.
Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak.

           

Boer Frans se plaas lê lekker knus langs 'n klein stroompie ver van die stad af. Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; 'n Indringer op die plaas.

   

   

"Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends. Zackie en Vincent sien baie uit na die rugbytoer. Selfs al speel hulle nie vir die A-span nie. En selfs al dra hulle span se afrigter lipstiffie! Maar dan word die rugbytoer afgestel, en almal dink dis Zackie se skuld..."




Zackie en Vincent kan nie wag om te gaan kamp nie. Hulle gaan hope avonture hê. Maar van die begin af loop dinge skeef. Iemand hou aan om simpel poetse op hulle te bak. En boonop word daar stories vertel oor 'n nare gedaante wat in die bosse by die kampterrein rondsluip ...

    Zackie Mostert En Die Geheimsinnige Gedaante        

" Na Bo "
KOPIEREG 2009-2025 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.