MOENIE MET VUUR SPEEL NIE!
     
Maak jou eie boks brandweerwa
Skryf nommers 123:   Brandweerman & Brandweervrou & Brandweerhoed
               
Dis hoe brandweermanne mense optel tydens 'n brand.
 
Knip oefening met vuur
           
Optel somme:  A     B     C
   
Vuur nommer 1 2 3 4 5 legkaarte
   
       
   
Ontwerp jou eie brandweerman wapen
Sudoku vir kleuters
   
Vul die regte syfers in oefening
     
Maak jou eie horlosie
   
(Klik op die woord en "save" dan na jou rekenaar. Maak van jou rekenaar die legkaart.exe file oop)
Legkaarte: 2 Brandweermanne wat 'n vuur probeer blus
         
Snap kaarte
         
Hierdie inligting is van www.tshwane.gov.za se webwerf opgestel deur Johan Pieterse.
Inligting omtrent die Brandweer vir laerskool leerders
Die brandweer se leuse is: Semper paratus (dit beteken "altyd gereed")
Hoe versprei brande?
Brande versprei as gevolg van suurstof, vlambare materiaal en hitte.
Hoe meer daar van elkeen van hierdie betrokke is, hoe vinniger versprei die brand.
Die driehoek van ontbranding
* Hitte
* Suurstof
* Vlambare materiaal (materiaal wat maklik aan die brand slaan)
Hoe en wanneer moet ek die brandweer laat kom?
Waar daar `n rokie is, is daar `n vuur.
Stel ondersoek in en bel die brandweer as jy vlamme sien. As daar rook by `n huis of gebou uittrek,
moet jy onmiddellik die brandweer bel. BLY BUITE!
Die brandweer se nommer is: 10177
Hoe rapporteer ek `n brand
* Praat duidelik.
* Gee die korrekte straatnaam en -nommer en, indien moontlik, die naaste dwarsstraat.
* Sê in watter voorstad is die brand. (Thaba Tshwane, Sunnyside, Atteridgeville)
* Baie belangrik: sê WAT BRAND.
* Laat jou telefoonnommer sodat die brandweer jou kan terugskakel as hulle meer inligting nodig het.
Vals alarms
Jy mag NOOIT vals alarms deurgee na die Brandweer nie. As jy gevang word sal jou ouers `n groot boete kry.
Hoe word brande geklassifiseer
* Klas A brande: Hout, gras, rommel.
* Klas B brande: Vlambare vloeistowwe (bv petrol, paraffien en olie)
* Klas C brande: Elektriese brande
* Klas D brande: Metale (bv magnesium en potyster)
Die brandweer se toerusting
Hulle uitrusting (klere) bestaan uit -
* `n brandpak;
* stewels;
* `m brandhelm;
* asemhalingsapparaat;
* handskoene; en
* `n flits
Hulle het ook toerusting soos -
* brandslange;
* spuitpunte;
* toue;
* lere; en
* reddingstoerusting
Daar is ook toerusting op die brandweermasjien, naamlik -
* lere;
* brandslange;
* toue;
* inbreek toerusting vir noodgevalle;
* skuim;
* meganiese kake ("jaws of life");
* asemhalingsapparaat;
* spuitpunte;
* brandkraantoerusting; en
* padkaarte
Gevare vir brandweerpersoneel
Brandweermanne/-vroue word aan baie gevare blootgestel, soos -
* hoë temperature;
* rook (wat hulle kan inasem);
* giftige gasse
* strukture wat kan intuimel;
* gasontploffings
* vlambare vloeistof (wat kan ontplof); en
* hitte-uitputting
Hoe kan ek `n brandweerman/-vrou word?
Jy kan `n brandweerman/-vrou word as jy -
* matriek geslaag het;
* tussen 18 en 25 jaar oud is;
* medies geskik is (baie gesond is);
* tweetalig is, of meer as twee tale kan praat;
* die fisieke toetse kan slaag;
* daarvan hou om jou medemens te help;
* oor baie uithouvermoë beskik;
* lojaal en eerlik is; en
* te alle tye mense en eiendom sal beskerm.
Brandweerpersoneel moet studeer om bevordering te kry.
Elke brandweerman/-vrou begin as `n leerling-brandweerman/-vrou en
kan bevorder word na gelang van hulle kwalifikasies. Hier is die range:
* Leerling-brandweerman/-vrou
* Senior-brandweerman/-vrou
* Leier-brandweerman/-vrou
* Stasie-offisier
* Divisie-offisier
* Assistant hoof
* Adjunkhoof
* Brandweerhoof
Daaglikse take
Brandweerpersoneel se daaglikse take behels die volgende:
* Die toets en nagaan van alle toerusting
* Die toets en nagaan van voertuie
* Die skoonmaak van voertuie en toerusting
* Administratiewe werk
* Reageer op alle nood oproepe
ONTHOU! `n Brandweerman/-vrou is jou vriend, nie jou vyand nie!