Spiertonus
Spiertonus


Wat is dit?

Spiertonus is die hoeveelheid spanning wat in elke spier is tydens 'n rus. 'n Persoon / Kind met lae tonus is nie noodwendig swak nie, dit vat net meer inspanning vir hierdie spiere om maksimum spanning te behou. Dit wil sê dat as Koos "normale" tonus het en Piet het lae tonus, dan kan altwee ewe sterk wees en ewe goed deelneem aan sport, maar dat Piet baie meer inspanning moet gee om op dieselfde vlak as Koos te kan presteer.


Hoe lyk dit?

Lae spiertonus word veral opgemerk by die tafel, waar kleintjie geneig is om op sy arm te lê.

Ander tekens van lae tonus is waar die kleintjie baie hard op sy potlood druk - die rede vir hierdie harde druk is dat hy nie stabiel voel in sy lyf nie en gebruik maak van sy potlood om stabiliteit te verkry. Fyn motoriese vaardighede word dus ingeperk omdat jou lyf jou basis moet wees en nie die hand nie.

In sommige gevalle veroorsaak lae spiertonus dat kleintjie in sy stoel sal wieg by die tafel. Die rede hiervoor is dat hy probeer om sy spiertonus te verhoog en te reguleer. Dit is ook die rede hoekom soveel kinders wat met ADHD en ADD dediagnoseer is ook in terapie is vir behandeling van tonus onder andere.

Nog 'n kenmerk van lae tonus is laks ligamente - dit is waneer jy 'n gewrig verder kan buig as in meeste ander kinders. Hierdie kan opgemerk word in die vingers (druk jou plat hand teen sy plat hand en julle druk teen mekaar, voel of sy vingers sterk is) en in veral die elmboog (waneer hy hande viervoet staan lyk dit of sy elmboe hiperekstensie het - dus buig dit na die verkeerde kant toe). Tydens 'n hande viervoet posisie sal dit ook lyk of sy skapulae (vlerkies) besonders uitstaan is sommige kinders met uiterse lae spiertonus.


Waar kom dit vandaan?

Die oorsprong is onseker. Daar word al hoe meer gevalle waargeneem en die dit kan wees a.g.v verskeie redes. Miskien is dit omdat kinders nie meer so speel soos vroeer nie. Tye het verander en kinders word baie meer beskerm, hulle speel nie meer soveel grof motoriese spel soos voorheen nie of hul kyk meer T.V. Dalk was daar nog altyd lae spiertonus maar niemand het dit raakgesien nie. Wat wel algemeen is, is dat lae Spiertonus in families voorkom.


Daar is ook die groot vraag - hoe belangrik is kruip?

Kruip is uiters belangrik vir die ontwikkeling van spiertonus in die nek en arms. Kinders wat nie baie gekruip het nie is geneig om laer tonus te hê en veral hul handskrif is nie voldoende nie. Maar as kinders gebore is met lae tonus, kan dit ook die rede wees waarom hulle nie gekruip het nie. Dus help dit regtig baie om kleintjies vanaf 10 maande wat nie kruip nie by 'n arbeidsterapeut te kry.

(geskryf deur Tania Van Zyl)

KOPIEREG 2009-2023 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.