Slimkoppe Lees!
Slimkoppe Lees!

Hallo! is 'n titel in die reeks Slimkoppe Lees!, wat ontwikkel is om kinders met selfvertroue aan die lees te kry terwyl hulle dit geniet. Die 16 boekies in die reeks is verdeel in vier vlakke wat met kinders se leesontwikkeling ooreenstem. Vlak 1 (Kom ons begin!) is net reg vir outjies wat pas begin lees. Die kleurryke prente vertel die stories en die teks daarby is eenvoudig. Vlak 1 bied vier prettige boekies - Hallo!; Een, twee, drie; Pretdag; en Weg! - elk met vier kort stories. Wanneer kinders dit regkry om kort sinne te lees, is hulle gereed om saam met die innemende Slimkoppe-karakters Vlak 2 se avonture aan te durf.

Hallo!: Vlak 1 Boek 1   Een, Twee, Drie: Vlak 1 Boek 2   Pretdag: Vlak 1 Boek 3   Verlore!: Vlak 1 Boek 4

Aan die gang is 'n titel in die reeks Slimkoppe Lees! Vlak 2 (Aan die gang) is net reg vir outjies wat sinne begin lees. Die woorde vertel die storie en die kleurryke prente steun die vertelling. Vlak 2 bied vier prettige boekies - Aan die gang; Pret met kos; Goggas en diere; en Lekker uitstappies - elk met vier kort stories. Wanneer kinders dit regkry om kort paragrawe te lees, is hulle gereed om saam met die innemende Slimkoppe-karakters Vlak 3 se avonture aan te durf.

Aan Die Gang   Pret Met Kos   Goggas En Diere: Vlak 2 Boek 3   Lekker Uitstappies: Vlak 2 Boek 4

Vlak 3 en Vlak 4 sal van April 2013 af beskikbaar wees, tesame met 'n DVD vir ouers.
*Vlak 3, Voluit vorentoe, is vir kinders wat gereed is om kort paragrawe te begin lees.
      Hulle sal die leidrade in die illustrasies en hul kennis van woordeskat en taal moet inspan.
*Vlak 4, Vlot verder, is vir kinders wat gereed is om langer paragrawe te lees.
      Hulle steun minder op visuele leidrade, maar die illustrasies maak die stories interessanter en bied ondersteuning.
*Die DVD, Jy kán jou kind help om te leer lees, wys hoe sewe kinders op verskillende vlakke lees,
      saam met hulle ouers en begelei deur 'n spraak-en-leesterapeut.



Pret Met Klere   Kom Ons Speel   Vakansies   Abrakadabra!


Wees 'n Speurder   Oral in Suid-Afrika   In Die Nag   Speel-speel


" Na Bo "


KOPIEREG 2009-2017 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.