Pinnochio
Pinnochio



Pi-no-chio, Pi-no-chio

Hout kabouter, jy's 'n stouter,
jy laat jou tog so maklik vang.
en raak dan altyd vreeslik bang,
jou klein kalant.

Wie's jou maatjie, plat voet vaatjie,
haar naam is Gina en sy kwaak.
As jy vir haar dit moeilik maak,
jou klein kalant.

Pi-no-chio, Pi-no-chio

Ou Gi-pe-to, kyk net hierso,
jou seuntjie is 'n marionet.
Hy's baie lief en baie pret,
die klein kalant.

Gulietta, sy kan so kla,
maar soos ons almal sien sy gou.
Sy's baie lief vir Pinochio,
die klein kalant.

Pi-no-chio, Pi-no-chio

Houtkop kindjie, nuutste seuntjie,
wat jou mannewalis met ons deel.
Jy het ons harte weggesteel,
jou klein kalant.

Pi-no-chio, Pi-no-chio

KOPIEREG 2009-2017 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.