Oog en vissie
Oog en Vissie


Visuele oefeninge speel 'n groot rol tydens die leerproses.
Daarom maak arbeidsterapeute en opvoedkundige sielkundiges spesifieke melding van die VMI - 'n telling wat bepaal of die kind se visueel perseptuele ontwikkeling op die korrekte vlak is.
Dit is 'n goeie indikasie of die outjie sukkel of sal sukkel met sy werk.
Dikwels word 'n spesifieke leesprobleem ook aan 'n lae VMI gekoppel.

Indien die VMI onder die kind se kronologiese ouderdom is, word daar gewoonlik aanbeveel dat die kind terapie ontvang.
Kla jou kleuter as hy/sy moet lees?
Is lees vermoeiend?

Dan is daar 'n moontlikheid dat die probleem by die kind se ogies lê.
Die oogspiertjies beweeg dalk nie egalig nie en veroorsaak spanning.
Die ogies raak dus gou moeg en die leesproses bly 'n pyn.
Dit sal wenslik wees om die ogies te laat toets vir visie en vir onegalige oogbewegings.
Om die oogbewegings tuis te ontwikkel, kan jou kind Eye Can Learn se oefeninge volg.
Die kop moet stil gehou word en slegs die ogies moet beweeg. 'n Paar minute per week help reeds.

Eksteen het gesê: "Dit is belangrik dat veral kinders vroeg vir oogtoetse gaan."

"Die ouderdom van vyf is eintlik al te laat.
Ons sien kinders by wie aandagafleibaarheid gediagnoseer word op skool, maar dan blyk dit hulle kan nie behoorlik sien nie."


KONTAK HULP VIR KINDERS WAT NET 'n SEKERE HOEVEELHEID SIG HET

BLINDSA help graag vir leerders om 'n Braille-masjien of hulpmiddel te voorsien. Skakel vir Mej. Cathy Donaldsen 011 839 1793.
Ek stel voor u bestel by Pioneer Printers die graad R en 1 Wiskunde en taalboeke boeke in Braille.
U kan ook met Marie Schoeman by Departement van Basiese Onderwys in verbinding tree.
Die boeke was gratis voorsien aan leerders. Begin ook met Braille. Mevrou Bester kan u daarmee help.
Die maklikste sal wees om met Mev. Bester, skoolhoof te skakel. Haar nommer is 053 441 2592.
Pioneer Printers se nommer is 023 342 6313

Mevrou Bam is die voorsitter van die Onderwyskomitee by BLINDSA 082 782 3492. Sy is werklik 'n omgee mens en doen groot moeite met leerders.

Jenette was 'n Arbeidsterapeut (afgetree), maar sy het lank met graad R gewerk. Haar nommer is 082 789 8942.
Sy kan veral help met vorms, ruimtelike orietasie, ens.

Prinshofskool in Pretoria se nommer is 012 328 4170 sou hulle die leerder vir 'n deeglike evauering wil neem.

Indien u enige verdere vrae het, wees asseblief welkom om vir my te bel. Ek help graag waar ek kan.
U en die ouers is ook baie welkom om ons skool in Kimberley te besoek.
Die onderwyser is werklik oulik wat met die blinde leerders werk.
Groete
Thinus van Sittert
082 925 5927

KOPIEREG 2009-2017 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.