"Klik net op die boekie se prentjie wat jy in belangstel; dan neem dit jou direk na waar jy dit kan aankoop."
Oxford Graad R is 'n leesreeks wat opgestel is in ooreenstemming met die KABV. Die reeks ondersteun ontluikende geletterdheid en Wiskunde deur die gebruikmaking van Lewensvaardighede-temas en toevallige leer. Leer deur speel, asook noodsaaklike vaardighede soos die kruising van die middellyn, visuele diskriminasie, visuele persepsie, en nog meer, word alles saamgevat in die helder, aantreklike kunswerk van elke leesboek.




Leer hoe om 'n ruimtevaarder, wetenskaplike, dokter of ingenieur te word in hierdie opwindende nuwe reeks! Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal hierdie boeke jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red en geboue en masjiene te bou. Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op 'n prettige wyse te toets en die inligting wat hul geleer het te versterk. Kan die kind 'n ruimtetuig herstel, 'n chemiese reaksie veroorsaak, die perfekte verband draai of 'n wolkekrabber bou? Loer binne-in een van hierdie interaktiewe boeke en vind uit hoe!








Jy sit dalk nog vas by Boet en Saartjie, maar intussen het Biebie, Kalla, Vlooi, Wim en Wilma hulle onder ons kom tuismaak.
Die manier waarop kinders deesdae leer, is heeltemal anders. Dit kan jy van Graad 1 verwag:
* Jou kind gaan heel eerste die name van die karakters leer
      (dis nou Vlooi en vriende - ja, Vlooi is 'n mens en Flappie is die hond!)
* Jou kind gaan boekies met net prentjies in "lees" voordat daar woorde gelees word.
* Jou kind aan eers woorde en dan sinne lees in boekies.
* Soos jou kind vorder, word die teks meer en kleiner!
Behalwe lees, gaan jou kind ook luister, praat en skryf.
Elke onderwyser het sy eie voorkeure en jou kind word op sy vlak hanteer.





















