Kindergebedjies
Kindergebedjies



Oggendgebed:
Dankie Heer al is ek klein,
vir my skool en vir my brein.
Maak my nuttig, goed en sterk,
Vader om vir U te werk.
AMEN
Aandgebed:
Op my stoeltjie sit ek nou,
met my handjies saamgevou.
Liewe Jesus ek wil U dank,
vir my kossies en my drank.
AMEN


Tafelgebed:
Dankie vir die kos wat ons kan eet
en laat ons U goedheid nooit vergeet.
Dankie vir die voëls wat ek kan hoor sing,
dankie Heer vir elke ding.
AMEN










Die Onse Vader:
Ons Vader wat in die hemel is,
laat U Naam geheilig word;
Laat U koninkryk kom;
laat U wil geskied,
soos in die hemel
net so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons skulde,
soos ons ons skuldenaars vergewe.
En lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk en
die krag en die heerlikheid
tot in ewigheid.
AMEN.








KOPIEREG 2009-2024 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.