Leesboeke vir alle kinders
Leesboeke vir alle kinders


Leesboeke: Graad R - 3                 Leesboeke: Graad 4 - 6

"Klik net op die boekie se prentjie wat jy in belangstel; dan neem dit jou direk na waar jy dit kan bestel."

Neem groot treë met alledaagse dinge in hierdie prettige reeks vir kleuters!
Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op 'n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes! Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met 'n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is.

   

   


Maklike, verstaanbare storie vir voorlees en selflees met kleurvolle, vrolike illustrasies.

jasper   jasper   jasper   jasper

Teen hierdie tyd huil Blou Feetjie al kliphard. Ek sê vir julle die Grondmonster het hom ingesluk. Of dalk het 'n ou kabouterspook hom in 'n boek verander of... Almal se ogies is koeëlrond van skrik. Së nou net sy is dalk reg? Vaak Vaatjie Vergeetkabouter maak groot moleste in Droombos wanneer hy soos mis voor die son verdwyn. Die piekniek word onderbreek om die verwarde kalant op te spoor. Iemand weet waar is hy... maar hulle së niks!

   

     

     

     

Jou pappa is 'n draak! Ontmoet vir Vonkie. Hy lyk soos 'n gewone perdjie. Hy doen gewone perdjie-dinge en het gewone perdjie-maatjies. Maar Vonkie is geen gewone perdjie nie. O nee, Vonkie is 'n draakperdjie! In Vonkie die Draakperdjie - Vuur en vlam! word met vuur gespeel en Mamma Roset moet verduidelik. Kom deel in Vonkie, Magriet en Bertie se avonture in Hoefysterbos. En vind uit wat draakperdjies so besonders maak!

 

Arthur is net so oud soos jy. Nadat hy 'n towerboek in die solder ontdek het, beleef hy die ongelooflikste avonture. Elke keer as hy die towerformules lees, verander hy in die een of ander dier. Ontdek saam met Arthur en sy maatjie, Sarel, die wonderlike wêreld van die muise!

     

Klein Grillie Spinnekop spring op 'n dag weg om te gaan uitvind waarom mense bang vir hom is. Op sy reis vra hy by sy maats en familie raad. Maar elkeen het 'n ander antwoord. 'n Meevoerende storie waarin kinders leer om ander te aanvaar net soos hulle is.

     

Die vier boekies is in Afrikaans vertaal en bied humor en oulike tekeninge wat kinders se verbeelding sal aangryp.

     

Zackie en Vincent is baie opgewonde oor die skool se kaskar-resies.
Maar Anton, die skool se boelie, het 'n splinternuwe kaskar.
En hy het 'n nare plan om seker te maak dat Zackie en Vincent nie die resies wen nie.
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers - en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers.
Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak.

           

Dis 'n lieflike sonskyndag. "Kom ons gaan hou piekniek," stel Mia voor. "Wat 'n goeie plan!" sê Pippie. Hulle het nooit kon dink dat die dag so vol avontuur sou wees nie!

     

Sebra is baie hartseer en alleen toe sy beste maatjie, Kameelperd, wegtrek. Sebra se maats probeer verskillende dinge om hom op te beur. Sal hulle Sebra kan help om weer beter te voel?
Tier neem die Bosresies baie ernstig op. Hy is sommer vies omdat die ander diere nie hard genoeg oefen nie. Toe die resies begin, is Renoster sommer vinnig agter. Sal Tier sy humeur kan beteuel en sy beste maat help?

     

Professor Mapstieks is een van die bekendste wetenskaplikes in die land. Sy nuwe uitvinding, die Windlawaai, is pas gesteel. Die Windlawaai kan enige masjien van 'n afstand beheer en as dit in die verkeerde hande beland, kan dit verskriklike gevolge he. Agent Snoet kry opdrag om die diefstal te ondersoek. Maar soos gewoonlik is dit sy slim kat, Felino, wat die eintlike baasbrein agter die ondersoek is. Kort voor lank kry Snoet en Felino die wind behoorlik van voor en dit lyk of Felino dalk die laaste van sy nege lewens kan verloor ... Jong lesers is versot op hierdie humoristiese, avontuurbelaaide strokiesprent-reeks. Vorige titels in die reeks is: Agent Snoet en die Botterdiamant, Agent Snoet en die Kattekwaad, Agent Snoet en die Hondelewe en Agent Snoet en die Groen Genugtig.

   

Boer Frans se plaas lê lekker knus langs 'n klein stroompie ver van die stad af. Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; 'n Indringer op die plaas.

   

   

"Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends. Zackie en Vincent sien baie uit na die rugbytoer. Selfs al speel hulle nie vir die A-span nie. En selfs al dra hulle span se afrigter lipstiffie! Maar dan word die rugbytoer afgestel, en almal dink dis Zackie se skuld..."




Zackie en Vincent kan nie wag om te gaan kamp nie. Hulle gaan hope avonture hê. Maar van die begin af loop dinge skeef. Iemand hou aan om simpel poetse op hulle te bak. En boonop word daar stories vertel oor 'n nare gedaante wat in die bosse by die kampterrein rondsluip ...

    Zackie Mostert En Die Geheimsinnige Gedaante        


Leer jy ook al lees? Daar is oral prentjies in plaas van woorde. Gebruik die regte plakker met die woordjies om oor die prentjies te plak. In elke boek kan jy 'n nuwe avontuur saam met Miesiemuis beleef.

   



" Na Bo "
KOPIEREG 2009-2023 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.