Heelbreinouerskap
Heelbreinouerskap


Kobus Neethling, kreatiwiteitskenner en skrywer van vele boeke oor denkvoorkeure, het in Suid-Afrika 'n reuse bydrae gelewer om heelbreinouerskap te bevorder in sy boek Oopkopouers.


Logiese ekstrovertouers fokus veral op:

  • Navorsing en kennis oor jou kind;
  • Ontwikkelingstadia waardeur jou kind beweeg;
  • Moontlike ontwikkelingsprobleme wat jy te wagte
        kan wees;
  • Mylpale wat jou kind bereik.

    Maar pas op:
    As gevolg van jou prestasiegerigtheid kan jy jou kind oorstimuleer en stres op hom plaas weens te hoë verwagtinge.


    Kreatiewe ekstrovertouers fokus veral op:

  • Speelsheid, al is dit nie die regte tyd nie.
  • Toekomsgerigtheid: jy wil jou kind nou reeds
        stimuleer om eendag 'n voorsprong op skool te hê
  • Variasie en om jou kind bloot te stel aan nuwe
        ervarings;
  • Jou eie plesier: dis vir jou 'n genotsvolle ervaring
        om jou kind te versorg en te stimuleer.

    Maar pas op:
    As jy te min of 'n swak roetine het, kan jou kind 'n gebrek aan sekuriteit ervaar en deur negatiewe gedrag die grense begin toets.

  • Logiese introvertouers fokus veral op:

  • Roetines soos badtyd en voedingstyd;
  • Jou kind se veiligheid en sekuriteit;
  • Dissipline



    Maar pas op:
    Jy kan baie stres op jouself plaas deur te rigied te wees oor roetine.



    Kreatiewe introvertouers fokus veral op:

  • Fisieke aanraking;
  • Emosie: as jou kind huil, is jy dadelik daar, ongeag
        roetine;
  • Atmosfeer soos rustige musiek in die babakamer
        en pragtige versierings;
  • Jou kind self: sy behoeftes kom eerste, al is jy
        doodmoeg.

    Maar pas op:
    As jy jou kind laat wegkom met emosionele uitbarstings, leer hy nie om selfbeheer te ontwikkel nie.

  • KOPIEREG 2009-2017 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.