Haasdas se nuuskas
Haasdas se nuuskas



KOOR:
Ons kyk na Haas Das se nuuskas - vroegaand net na 6
Ons kyk na Haas Das se nuuskas - dis die grootste pret
Ons kyk na Haas Das se nuuskas - groot en klein kyk saam
Al die nuus uit Diereland br /ing Haas Das vanaand

Hasie kwas, die groot lawaai hardloop dat dit kraak
Maar Skillie het die geelwortels oor sy pad gesaai
Hasie eet hom trommeldik en raak toe aan die slaap
En Skillie word organiseerderskorps se eerste kandidaat

[ KOOR ]

Groot Oom Slapoor Olifant het 'n créche begin
Waar al die dierekindertjies saam kan speel en sing
Maar die stoute apies het vir dae lank geraai
Sou hulle aan Oom Olifant se slurp of stertjie swaai

[ KOOR ]

Piet Muis het die laat berig haastig ingebr /ing
Die stoeigeveg op Leeupark is nou net die ding
Droster, die renoster het vir Krokkie uitgedaag
En niemand weet Ou Krokodil gaan 'n masker dra

KOPIEREG 2009-2017 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.