Donasies van ou boeke vir kleuterskole
Donasies van ou boeke vir kleuterskole







Ons soek graag hulp met n fondsinsameling.
Enige donasies is welkom... groot of klein, bou materiale, hulpmiddels ens.
Ons kleuterskool was vir 19jaar op Drakensig Lugmagbasis en het Desember 2015 die slegte nuus gekry dat weens persoonlike redes vanaf die Kolonel dat kleuterskool sal moet ontruim. Huidig gaan ons 116 kleuters 3maande -4jaar skool in die kerk se kategese klasse wat ons goed gesind is. Maar waar begin ons nou? Die kerk sal grond kan skenk so nou sal ons graag wil bou om keuters te akkomodeer. Asb epos Annie Schoeman vir enige navrae by annieschoeman49@gmail.com. of skakel 072 177 3535. Enige hulp sal vreeslik waardeer word.


OOS-KAAP - PORT ELIZABETH: Margita Marx skryf die volgende:
Ek is betrokke by 'n nuwe kleurling kleuterskool wat nou reeds 6 maande op die been is.
Daar is 20 kindertjies tussen 4 - 6 jaar ouderdom. Huidiglik volg hulle die Montisorri leerplan.
Soos julle in die foto's kan sien is die klassie baie kaal en die kindertjies het niks.
Kan julle my dalk help met enige donasies van julle ou draaikryte, pritt, skêrtjies, papier, karton, plakkate, ou speelgoed, bou-blokkies, balle, ens.
Florence is die tesourier, Peggy is die sekretaresse en Celeste is hoof van die skooltjie.
Hulle was al drie verlede jaar opgelei deur 'n Montisorri dame.
Kontak nommer vir Margita 082 337 4336.


My naam is Suzette Erasmus
Ek was werksaam by 'n skool met die naam Bright Morning Star in Nkowankowa net buite Tzaneen.

Hulle het baie hulp nodig. Hoe kan julle hulle dalk help? Daar is ongeveer 600 kinders in skool waarvan. party ouers glad nie skoolgeld kan betaal nie. Van die ouers oorlede is en van die kinders het baie hulp nodig. Die skool gee 2 etes 'n dag en partymaal is dit al kos wat die kinders kry om te eet.

Julle kan meneer Nkuna 082 950 8381 of Magdillen 073 223 5016 skakel.


BERNICE DE WAAL "Ek is tans besig met die Educare kursus by 'n Fet College. Het reeds my N4 geslaag in die Noord Kaap omgewing, woonagtig in Upington.
Ek het die week (Dinsdag 12 Februarie 2013) besoek afgelê by 'n opkomende nie winsgewende kleuterskooltjie by een van ons woonbuurte naamlik Leseding. Hulle amptelike getal inskrywings is +/- 54 leerders, en aangebied om deel te word van die projek om die kleuterskool aan die gang en op die been te kry.
My hart het gebreek toe ek die kleintjies sien wat niks het om mee te speel nie, en hulle 2 juffrouens weet ook nie wat om met hulle te doen nie. Daar was Dinsdag net 9 kleintjies by die skooltjie, want die juffrou het nie aldag fondse om kossies te verskaf by die skool nie. Sy vra die ouers om broodjie te stuur maar dit gebeur ook nie altyd nie.
Die skooltjie is gestig deur 'n vroutjie (Wendy) wat die hart het vir die kleintjies hulle wissel van 0 - 5 jaar van ouderdom, sy is tans besig met die registrasie daarvan om moontlike fondse van die departement van welsyn af te kan kry ens. Sy het geen opleiding wat onderwys of enige van die aard aanbetref nie.
Ons is besig om te kyk dat sy haar inskryf met 'n beurs by 'n Fet College om haar Educare kursus te kan begin, tot dan gaan ek hulle bystaan sover as wat ek kan met leiding met dit wat ek leer.
Ek is opsoek na 'n kurrikulum wat ons kan gebruik by die skooltjie met die lesse en materiaal ens. Hulle het op die stadium niks, geen program nie, geen lesse nie, geen apparaat nie.
Hulle sing met die kinders, leer hulle ABC en tel . Hulle huur ook tans 'n sink kerk geboutjie so hulle kan nie die plek op vrolik en mooi maak nie. Die "hoof" van die skooltjie se droom is om 'n gebou van haar eie te kan kry vir die skool. Hulle het niks vir die kinders nie. Ek het 'n krat met speelgoed vir hulle gevat.
Daar is nie regtig vir hulle stoor plek nie. Hulle het nie matrasse vir die kleintjies om op te slaap nie, geen tafeltjies of stoeltjies nie, geen lesse nie, geen boekies nie, niks.
Ons glo en vertrou dat God sal voorsien in dit wat ons nodig het vir die kleuterskool.

Indien enige iemand my kan help om vir hulle 'n kurrikulum op te stel met die lesse en alles wat daarmee saam gaan sal dit baie help.
Ek sal op die stadium enige hulp wat ek kan kry om hulle te help opreg waardeer.
Kontak my gerus vir enige navrae by 079 507 1637 of e-pos: bernicedewaal@gmail.com
Stoute boudjies kleuterskool - Wendy se nr 083 617 5299"     Behoeftelys


ARLENE BARKHUIZEN se terugvoering op die 12de Februarie 2013:
"Dis met groot dankbaarheid dat ek jou en jou webtuiste kan bedank vir 'n wonderlike geskenk.
Jy weet, as groot vrou van 53 is dit nie maklik om 'n brief te skryf aan tannie en nie weet wat die gevolge is nie.
Vroeêr jare was brief skryf 'n persoonlike kommunikasiemiddel, maar deesdae is dit OOP vir almal.
Gelukkig.... So het iemand my noodroep gehoor.
Dankie vir die 1000 boeke wat ons van 'n skryfbehoeftewinkel gratis ontvang het. Wat 'n voorreg was dit om die boeke te gaan uitdeel.
Ons sal verseker fotos laat plaas van die groot oorhandiging.
Baie baie dankie vir die voorreg.
Dankie vir die menswees agter hierdie projek.
Groete Arlene"


ARLENE BARKHUIZEN skryf die volgende:
"Ek was vandag, 16de Oktober 2012, by 2 swart kleuterskole in Ipelegeng (Schweizer Reneke) wat nie deel is van die departement nie. Jy sal nie glo hoe agter hierdie kleuterskooltjies is nie. Daar is geen plakkate of enige opvoedkundige hulpmiddels vir hulle nie. Ek gaan regtig hard probeer om vir hulle van hulp te wees deur van www.kleuters.co.za se gratis aktiwiteite te druk. Die onkoste daaraan is net vreeslik baie. Het iemand raad of is dit net 'n kwessie van oë toeknyp en dit doen?

Ek het waarlik nie gedink daar is nog helpende hande nie!
MAAR www.kleuters.co.za was bereid om 'n donasieblad spesiaal te skep om mense bewus te maak dat daar wel kleuterskole is wat ons hulp nodig het."

Kleuterskool: Kutlwano ELC
80 kinders
Skoolhoof Mangy Lehihi - 0733548720

Kleuterskool: Boinelo ELC
60 kinders
Skoolhoof Ditiro Letlhomo - 0723693776

As daar enige iemand is wat opvoedkundige speelgoed, ou lees boekies, skryfbehoeftes of selfs inkleurboekies sou wou skenk, kan julle Arlene Barkhuizen kontak op haar selfoon 073 504 6084 of dit pos na:

ARLENE BARKHUIZEN
Posbus 703
SCHWEIZER RENEKE
2780

"Ek sal so dankbaar wees as daar mense is wat bereid is om te help en glo my, daardie klomp ogies gaan skitter as hul weet wat ek weet."

Enige iemand kan betrokke raak deur te help.

Al druk jy net 'n paar gratis aktiwiteite uit op jou huis rekenaar en pos dit aan Arlene, het jy reeds gehelp!

   

   
   
   
   
   

As iemand sou belangstel om plakkate te koop en te skenk, hier is 'n lysie van webwerwe wat plakkate verkoop:

www.holderstebolder.co.za           www.jstart.co.za           www.tuishulp.co.za


" Na Bo "


KOPIEREG 2009-2017 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.