Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, ahum Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, ahum Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei Maar 'n opsitkers kon hy nêrens kry, ahum, ahum, ahum Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur, ahum Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur, ahum Hy vra toe vir Vuurvlieg om sy lig uit te huur Die vuurvlieg sê toe ja teen 'n sent 'n uur, ahum, ahum, ahum Die twee loop toe af na die nooi se huis, ahum Die twee loop toe af na die nooi se huis, ahum Die twee loop toe af na die nooi se huis Die huis in die vlei van Mejuffrou Muis, ahum, ahum, ahum Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen, ahum Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen, ahum Toe Padda die vuurvlieg se lampie wou leen moes hy hierdie ontstellende nuus verneem, ahum, ahum, ahum Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis, ahum Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis, ahum Vuurvlieg se lig was aan sy stert vasgesweis Hy sou moes opsit saam met Padda en sy muis ahum, ahum, ahum Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur, ahum Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur, ahum Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur Want 'n opsitkers teen 'n sent 'n uur en 'n luistervink daarby is gans te duur ahum, ahum, ahum |