Bread tags for wheelchairs
Bread tags for wheelchairs




Loer gerus na FNB se YouTube Clip van Mary Honeybun en haar span.

Die "Bread Tags for Wheelchairs" projek het reeds meer as 100 koördineerders in verskillende gemeenskappe regoor Suid-Afrika.

Tot dusver is meer as 446 rolstoele en 12 looprame geskenk. Die doelwit is om nog meer rolstoele in 2014 te kan skenk.

Sasko en Kwikloc, die vervaardigers van die broodplaatjies, het ook onderneem om twee rolstoele te skenk vir elke rolstoel wat gekoop word met die broodplaatjies.

Koördineerders Mnr Peter Fielding van Scottburgh in KwaZulu-Natal en Mev Mary Honybun van Noordhoek was die eerste mense wat geskenkte rolstoele ontvang het van hierdie twee maatskappye.

'n Rolstoel kos tussen R1 350 en R1 500.

Ongeveer 240.5kg broodplaatjies moet versamel word om hierdie bedrag te dek.

Raak ASSEBLIEF betrokke en begin om broodplaatjies te versamel vir hierdie besonderse projek.
Elke kleuterskool kan ook 'n verskil maak deur broodplaatjies te versamel.

Stuur gerus jul entoesiastiese fotos of koerant uitknipsels aan yvette@kleuters.co.za.



De Bruinpark Speelskool se kleuters en naskoolleerlinge, tesame met heelwat besighede in Ermelo, samel nog steeds ywerig binders in. Ons top insamelaars is tans Tuiskoop en Perfect Water.







Miss Tiny Africa - Vinasia Marx saam met haar maats van De Bruinpark Speelskool
en die broodbinders wat sover al deur hulle en EKKS ingesamel is.


















   
















Pos gerus jou broodplaatjies na:   "Bread tags for wheelchairs", Posbus 215, Noordhoek, 7979, Suid Afrika

Mary Honeybun "Facebook" blad


" Na Bo "

KOPIEREG 2009-2017 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.