Afrikaanse apps vir kleuters
Afrikaanse apps vir kleuters


Oatu en Eara: Flitskaarte, kleinletters, Hoofletters & Tel tot 10     Apple link           Android link



Hierdie app: "Hoe Laat is dit? Leer jou kind met interaktiewe spelletjies hoe om tyd te leer lees en verstaan.

Die oefeninge en aktiwiteite in hierdie app help kinders om maklik en met pret te leer sê hoe laat dit is - die ideale voorbereiding vir skool.

Met die app (spelletjie) kan jou kind na vlak een vorder tot by vlak tien. Jou kind kan leer van Analoog tyd, Digitale tyd en Geselstyd in een speletjie. Jy het ook die opsie om die spelletjie te herstel, sodat jou kind weer deur elke vlak kan gaan.

Elke vlak is 'n spelletjie wat verduidelik wat om te doen en hoe om die vlak deur te kom. Wat om te verwag op elke vlak:

Vlak 1: Ure
Vlak 2: 5 Minute
Vlak 3: Halfuur
Vlak 4: Kwart oor
Vlak 5: Kwart voor
Vlak 6: Digitale tyd uur
Vlak 7: Digitale tyd minute
Vlak 8: Geselstyd Oor
Vlak 9: Geselstyd voor
Vlak 10: Oefentyd

Die karakters in the app "Mia en Anton" is interaktief en maak dit baie pret vir die kinders en die ouers om te speel.





Dit is vir my aangenaam om aan te kondig dat daar 'n splinternuwe toepassing op die AppStore is.
Die toepassing fokus op patroonherkenning vir voorskoolse kinders. Klik gerus op die prentjie.
Die slangetjies en leertjies bord wat die kind se vordering aantoon maak die speletjie lekker pret vir die kleinspan.



Met Olke Bolke kan die kleuter ritme hou saam met 6 van Elizabeth Fourie se lekkerste luister liedjies!
* Lekker om te Lees
* Tekkies
* Olke Bolke
* Feetjies in die Reën
* Hondemaatjie
* Haasbek
Die kleuter kan instrumente verander soos hy speel en selfs die foon skud om die klank voort te bring.
Hierdie app sal baie vermaak vir die kleinspan verskaf!

 

Arrr! Almal weet daar is net mooi niks waarvoor seerowers bang is nie. Maar toe iets op die dek van haar pa se skip erger as die asem van 'n hamerkophaai begin ruik, vermoed Sanmarie daar is dalk een ding wat haar seerower-pa en sy dapper bemanning hoendervleis gee.

Hierdie rymende, skreeusnaakse seerowerstorie is 'n opwindende eerste dit is die eerste oorspronklike Afrikaanse prenteboek wat tot 'n interaktiewe storie-app verwerk is.

Die heerlike storie deur die bekroonde skrywer-illustreerder-span Jaco Jacobs en Chris Venter kry lewe op jou iPad danksy innoverende animasie, prettige musiek en hope interaktiewe elemente. Kies tussen 'n selfleesopsie vir beginnerlesers, of 'n lees-en-speel-opsie waarin jy kaptein Kalamari, sy bemanning en die avontuurlustige skeepsmuise speel-speel.




Hier is 'n "app" waarin Afrikaans-sprekendes sal belangstel.

Pas vrygestel op iPhone en iPad en reeds beskikbaar op Android selfone!

'n Kleurvolle, eenvoudige app om jou kleuters te leer om in Afrikaans te tel.

Dit bevat 100 prentjies en woorde wat hulle aanmoedig om verder te tel.

Hulle sal mal wees daaroor!









   


My First Shapes in Sign is ontwerp vir die eerste keer teken gebruiker, of dit die ouers is om te hoor met 'n gehoorgestremde kind of gehoorgestremde ouers met 'n verhoor kind. Die app is ontwerp om gebaretaal aan 'n kind in 'n prettige opvoedkundige ervaring voor te stel.



" Na Bo "

KOPIEREG 2009-2017 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.