Al lê die berge nog so blou, al lê die berge nog so blou, al lê die berge nog so blou, haar woorde sal ek steeds onthou. Maar die moet julle darem weet, maar die moet julle darem weet, maar die moet julle darem weet, haar woorde sal ek nooit vergeet. Nou gaan sy weg met 'n lekker hart, nou gaan sy weg met 'n lekker hart, nou gaan sy weg met 'n lekker hart, hier sit ek nou in pyn en smart. Al woon my bokkie nog so ver, al woon my bokkie nog so ver, al woon my bokkie nog so ver, dan troos ek my aan die môrester. |