Aksie liedjies
Aksie liedjies
  • Kielie speletjies        
  • Koekies bak        
  • Vinger speletjies        


    Kielie speletjies

    Kielie speletjie 1

    Hier kom 'n muis,
    hy bou 'n huis (vat aan ken)
    Hier kom 'n muggie,
    hy bou 'n bruggie (vat aan neus)
    Hier kom 'n vlooi,
    hy spring in die kooi (kielie kleuter)





    Kielie speletjie 2

    Dinker (raak aan voorkop)
    blinker (regteroog)
    traneskinker (linkeroog)
    suiker (regteroor)
    ruiker (neus)
    kussingduiker (linkeroor)
    kuller (bolip)
    smuller (onderlip)
    harde bruller (tong)
    kinneke-kennetjie-tien (kielie kleuter onder ken)
    Koekies bak

    Handjies klap, koekies bak
    Handjies klap, koekies bak,
    bring die meel,
    nie te veel,
    klits die eiers gou-gou-gou, (vryf die handjies vinnig teen mekaar)
    lekker eet ons nou-nou-nou. (gooi die handjies in die lug)


    Vinger speletjies

    Vinger speletjie 1

    Druk op elke vinger van die kleuter se hand volgens die rympie
    en kielie met die laaste reeltjie
    Hierdie varkie gaan mark toe,
    hierdie varkie bly tuis,
    hierdie varkie eet blom kool,
    hierdie varkie kry niks nie,
    en hierdie varkie skreeu: "Wee-wee-wee,
    ek kan my mamma nie kry nie."

    Vinger speletjie 2

    Duimpie,
    Duimpie se maat
    Langeraat,
    Fielafooi,
    Piepie in die kooi.
    Vinger speletjie 3

    Duimpie het in die water geval,
    Lekkerpot het hom uitgehaal.
    Langeraat het hom huis toe gedra,
    Fielafooi het hom neergelê
    en Pinkie het vir Ma gaan sê.





    Vinger speletjie 4

    Dit is my pappie (duim omhoog)
    dit is my mammie (wysvinger)
    dit is my ouboet Lance (middelvinger)
    Dit is my sussie (ringvinger)
    dit is ons baba (pinkie)
    en ons woon almal saam (vou vingers saam)


    " Na Bo "


KOPIEREG 2009-2024 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.