Aandagafleibaarheidsindroom
Aandagafleibaarheidsindroom




20 April 2011
Aandagtekort Sindroom is nie 'n mediese siekte nie. Dit is veel eerder 'n situasie waarby die kind die onvermoë toon om voldoende aandag te gee of kom ook impulsief voor met hiperaktiwiteit. Hierdie simptome sal voorkom op 'n vlak veel erger as sy maats van dieselfde ouderdom en sal 'n negatiewe impak maak op die kind se skolastiese en sosiale ontwikkeling. Dit is 'n kroniese kondisie. Dit betrek 5% 10% van kinders teen skoolgaande ouderdom. Aandagtekort gaan aan deurgaans in omtrent 2/3 van hierdie kinders in adolessente en volwassenes. Dit is die algemeenste gedragsprobleem onder kinders en jongmense. Die kern van die aangeleentheid gaan oor swak aandag, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit. Die diagnose word gemaak deur akurate dokumente en deur bemiddeling van goed gekwalifiseerde opgeleide professionele persone.

Behandeling van hierdie kinders bestaan daaruit dat alle moontlike faset in remedieel, arbeidsterapie en spraakterapie gebruik word. Die behandeling sluit egter 'n belangrike aspek in met Ritalin. Dit is 'n tablet wat veilig is en nie verslawing veroorsaak nie. Baie onakurate inligting doen die rondte oor aandagafleibaarheid en Ritalin. Algemene toegevoegde probleme met aandagafleibaarheid is situasies soos leerprobleme, remedïele probleme, gedrags, emosioneel, angs en depressiewe probleme. As hierdie kinders nie behandel word nie, is hul skolastiese vordering en aanpassing in ons sosiale bestaan 'n geweldige groot probleem. Aandagafleibaarheid bestaan voort in volwassenes ook. Ritalin genees nie die aandagafleibaarheidsimptome nie, maar dit bring dit grootliks onder beheer. Dit lei tot bo verwagting verbetering van die kinders se simptome; skolasties en sosiaal. Verbetering van simptome kom nie net in die klaskamer met die kind se werk nie, maar ook die kind se selfbeeld wat verbeter, 'n baie beter aanpassing in die sosiale bestaan en grootliks verbeterde familie atmosfeer by die huis.

Die kinders word baie streng gemonitor en 'n 6-maandelikse opvolg in geregistreerde klinieke word voorgestel. Ouers het die reg om behandeling te weier. Ouers het ook die reg om te vra vir 'n tweede opinie. Ouers word ten strengste aangeraai om gebruik te maak van die nodige inligting in hulle omgewing om sodoende die korrekte persone te benader wat die kind kan help.

AANDAGTEKORT SINDROOM

Aandagafleibaarheid is 'n situasie wat groot kommer en druk skep in die familiestruktuur. Onderprestasie op skool en ook indringende sosiale gedragsprobleme kan nie net misinterpreteer word nie, maar skep erge konflik vir die kind sowel as die ouer. Sosiale simptome van aandagafleibaarheid is van so aard dat dit misinterpreteer kan word tot swak huislike ouerlike omstandighede; dit is nie korrek nie en dit is onnodig. Die besluit vir 'n ouer om sy kind te laat evalueer is eweveel baie belangrik. Alle ouers ondervind geweldige uitdagende emosies in hierdie besluit. Alhoewel dit onnodig is, is dit absoluut korrek dat professionele mense dit korrek interpreteer.

Hierdie konflik en emosies in ouers moet as regverdig herken word en hulle moet professioneel, maar ook emosioneel reg hanteer word. Die besluit vir 'n ouer om deel te neem aan Ritalin behandeling is 'n groot uitdaging. Ouers is leke en het nie al die kennis nie. Dit is verstaanbaar dat hulle 'n beskermde gesindheid oor hulle kinders het en sal die emosies verwek. Dit is die belang van professionele mense om hierdie brug vir die ouer te help oorkom. Ouers moet met wysheid en kundigheid hanteer word.

Beste groete,
DR JOHN WICKENS


Verskillende soorte AAS:

  • 1. Klassieke AAS
            Lyers sukkel om te konsentreer, hul aandag word maklik afgelei en hulle is rusteloos,
            ongeorganiseerd, hiperaktief en impulsief.

  • 2. Onoplettende AAS
            Lyers is geneig om onoplettende dagdromers te wees wat traag voorkom en moeilik gemotiveer word.

  • 3. Oorgefokuste AAS
            Lyers van hierdie soort AAS sukkel om hul aandag te verskuif en word dikwels in negatiewe denke vasgevang.
            Hulle is ook obsessief, oninskiklik en geneig om in argumente betrokke te raak.

  • 4. Temporale AAS
            Lyers is aggressief, onoplettend, geneig tot negatiewe denke, uiters impulsief en raak maklik geirriteerd.

  • 5. Limbiese AAS
            Lyers het lae energievlakke, is tot 'n lae selfbeeld en gevoelens van waardeloosheid geneig en is onoplettend.

  • 6. Die vuurkring
            Lyers aan hierdie soort AAS ervaar 'n vermenging van simptome uit die bogenoemde vyf soorte.
            Hulle is liggeraak, aggressief en geneig om te argumenteer, ervaar gemoedskommelings, wat dikwels
            selfmoordneigings insluit, openbaar antisosiale gedrag en is ook geneig om drank en ander middels te misbruik.

    Uit: Vrouekeur 14 November 2008 deur Carien Grobler

    ALGEMEEN KENMERKE

    Meeste kinders met AAS (ADD/ADHD) het baie van die volgende in gemeen:

    - die kind konsentreer moeilik op 'n gegewe taak
    - die kind ervaar die skool omgewing (in die klas) negatief
    - die kind het selektiewe konsentrasie vermoë (kan lank rekenaar speletjies speel, maar kan nie 'n storie
      wat gelees word volg nie)
    - die kind is vergeetagtig, en kom in die moeilikheid daaroor
    - ouers/onderwysers moet gereeld dieselfde taak herhaal (borsel jou tande; haal jou wiskunde handboek uit ens.)
    - as kleuter in die kleuterskool word verskeie mylpale nie voldoende bereik nie, bv. Uitknip, tussen die lyne inkleur.
    - Die kind kan die een dag die alfabet met gemak opsê, maar vergeet van die letters die volgende dag
    - Op skool is omkerings van letters en syfers algemeen
    - Die kind verwar links en regs, en kan nie maklik balanseer op een been nie, en veral nie as die ogies toe is nie
    - Die kind sukkel om hom/haarself verbaal uit te druk spraak ontwikkeling gewoonlik laat
    - Die kind praat aanhoudend, en gee niemand anders 'n beurt nie
    - Die kind kan nie stilsit nie, en hiperaktiwiteit is teenwoordig van kleuter dae af
    - Die kind het min impuls beheer (doen eers, en dink later)
    - Die kind lees nie sy/haar omgewing nie, en bars in op situasies wat onvangpas is
    - Die kind word verstoot deur sy eie portuur maats, en sukkel om vriende te maak van dieselfde ouderdom.
      Gewoonlik maatjies met jonger kinders
    - Emosionele ontwikkeling/volwassenheid problematies. Sukkel om situasies op 'n emosionele vlak te hanteer,
      voel baie gou seergemaak en wil "terugkry"
    - Die kind het nagswete wat nie gepaard gaan met 'n siekte nie, veral op die kop
    - Meeste kinders is lig van kleur, met ligte oë
    - Meer seuns word gediagnoseer as dogters
    - Daar is twee hoof groepe kinders, die dromers wat meeste van die dag in hul eie wêreld is;
      en die hiperaktiewe kind wat heeldag vroetel, praat, op-en-af hop, en niks kan uitlos nie.
    - Ons ondervind dat die regter kant van die brein, die Nie-Verbale kant gewoonlik hoër funksionerend
      is as die linker kant, of die Verbale kant.
    - Die IK Punte verskil tussen die twee breinhelftes dui gewoonlik op die erns van die leergeremdheid.
    - Tien of meer punte verskil in die sielkundige terme is "beduident", dus problematies vir so 'n kind.
    - en in ADD/ADHD kinders is dit gewoonlik nie die geval nie.


    HOOFSTROOM SKOOL

    Wanneer 'n kind skooltoe gaan, of van skool moet wissel, is daar 2 vrae wat elke ouer die skool vra, en dit is:

    Hoeveel kinders is in die klas?

    Gaan my kind individuele aandag kry?

    In 'n hoofstroom skool opset, is dit gewoonlik die hiperaktiewe kind wat baie gou raakgesien word. Die onderwyseres het haar hande vol met 'n klas van 25+, en twee of drie hiperaktiewe kinders wat geen einde het nie. Goed opgeleide onderwyseresse is gewoonlik die eerste om 'n ADD/ADHD kind raak te sien in 'n klas opset, en ouers begin gewoonlik by die skool. Die aandag afleibare kind is gewoonlik so stil, en in sy eie wêreld, dat die onderwyser eers met asseserings aan die einde van 'n jaar sien die kind hou nie by die res van die klas nie.

    Die hoeveelheid kinders wat een onderwyser moet hanteer, veroorsaak dat individuele aandag gekompromiseer word vir massa opvoeding. Die arme onderwyser hoop dat die meerderheid kinders in die klas die mas sal opkom, en die paar wat deur die banke val, is verlore vir akademiese leer.


    WIE MOET MY KIND DIAGNOSEER?

    Die diagnose van ADD/ADHD moet baie spesifiek, en korrek deur opgeleide professionele persone gemaak word, waarvan nr. 1 'n Neuroloog of Pediater en nr. 2 'n Opvoedkundige Sielkundige gebruik moet word.

    Motoriese Terapeute, sowel as Spraak- en Arbeidsterapeute speel 'n belangrike rol in die hantering van die leerder, en kan waardevolle insette lewer, en belangrike terapeutiese programme aanbied.


    FAKTORE WAT 'n POSITIEWE VERSKIL KAN MAAK

    - Suikervrye en kleurstof vrye dieet.
    - Voldoende supplemente, veral Omega 3,6 en 9 wat die natuurlike vetsure bevat wat die melienskede in die
      brein beskerm en versterk sodat die boodskap gelei kan word.
    - Magnesium speel 'n belangrike rol.
    - Genoegsame inname van proteiene deur die dag sodat die bloed suikervlakke nie moet daal nie.
    - Geen kind KIES om te sukkel nie, en ouers wat verstaan waardeur hul gaan, is van kardinale belang.
    - Kennis is Mag, en ouers moet hulself beaam met inligting!
    - 'n Skoolomgewing waar die onderwysers die ADD/ADHD kind verstaan, en saam met die ouers ingeligte besluite
      kan maak oor die hantering van die kind.
    - Omgewingsfaktore spesifieke huisreëls, huiswerk tyd, slaaptyd, routine.
    - "Motion Structures the Brain" enige fisiese oefening wat die stroombane in die brein versterk, is belangrik.
    - Die belangrikste ontwikkelings sporte is stoei, swem en perdry.
    - Motoriese Terapie
    - Handel Terapie
    - Balanseerbord oefeninge


    " Na Bo "


  • KOPIEREG 2009-2024 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.