Welkom by kleuters.co.za                                                  

Hoe hou ek my kleuter tuis besig?

Dit is een van die vrae wat mammas en pappas elke dag vir hulself vra.

Hier volg 'n paar idees wat julle met jul kleuters tuis kan doen.


Leer jou kleuter om van kleins die basiese tekeninge te kan teken.

huis seun meisie motor kat hond blom perd

Bak:
Bak koekies saam met jul kleuters.
Laat hul vingertjies die verskillende teksture, bv. meel, botter en suiker voel.
Onthou die versiering is die lekkerste deel terwyl jul saam bak en brou.

Blaas borrels:
Kleuters is mal hieroor. Die botteltjies is redelik goedkoop. As dit op is, meng skottelgoedseep met water en gooi dan in die houertjies.

Besoek jou plaaslike biblioteek:
Neem boeke uit en bevorder so 'n leeskultuur by jou kleuter. Die meeste biblioteke het ook 'n vakansieprogram. Vind uit wat hul vakansieprogram behels en laat jou kleuters daaraan deelneem.

Boontjieratels / Boontjierammelaars:
Jy benodig n klein plastiekbottel, dro ertjies, boontjies/lensels en gom. Maak die plastiekbottel omtrent driekwart vol met boontjies/lensels. Smeer die doppie vol gom en draai dan vas. Laat die gom deeglik droog raak. Nou is jou kleuter gereed om lekker musiek te maak.

Collages:
Ou tydskrifte - Kies n tema en laat jou kleuter wegval om prentjies te begin soek. Temas soos diere, familie, gesigte, gesonde kos, plaasdiere of vervoer kan gebruik word. Sodra julle al die prentjies bymekaar het; beplan hoeveel prente julle op die karton wil plak en waar om dit te plak. Nou is dit tyd om die gom uit te haal en lekker te begin lek en plak.

Diereposisies vriesspeletjie:
Jy kan die speletjie met of sonder musiek speel. Kies n dier en s: Dans soos n flamink. S na n rukkie: Vries. Probeer nou n ander dier. Onthou om diere te kies met groot verskeidenheid bewegings soos, dinosourus, apies, olifante, paddas en slange. Hierdie aktiwiteite help die kinders om te luister na instruksies en hulle kreatiewe geheues te gebruik.

Gewrigsklokkies:
Gebruik lint wat lekker styf pas vir elke gewrig, maar nie te styf. Ryg dan 2 tot 4 klokkies aan. Plaas om jou kleuter se gewrig. Nou is hy/sy gereed om saam musiek te maak.

Hoola hoop:
Krap daardie ou "Hoola hoop" uit die kas en laat die kleuter begin heupies swaai.

Hou 'n modevertoning:
Nooi ander kleuters oor en hou 'n modevertoning. Dis gewoonlik meer gewild by die meisies as die seuns.

Huur 'n waterwurm:
Rel met 'n paar mammas en deel die kostes. Die waterwurm sal vir ure se pret en plesier sorg.

Inkleur:
Laat jou kleuter gereeld inkleur. Dit help met hul fynmotoriese ontwikkeling.

Kampeer tuis:
'n Tent onder die kombuistafel of in die sitkamer wat met stoele, komberse en tafels gepak is, is vet pret en kos niks. Maak dit 'n fees en gaan "kuier" in die tent met eetgoed. 'n Tent in die tuin is net soveel pret en kan soos 'n vakansie by die huis laat voel.

Lees vir jou kleuter stories:
Kweek 'n liefde vir lees van 'n vroe ouderdom by jou kleuter deur om gereeld stories vir hom/haar te lees. Opvoedkundige rekenaarprogram: Lesers is leiers.

Legkaarte:
Bou verskillede hoeveelhede legkaarte saam met jou kleuter. Vanaf 4 jaar kan jou kind eksperimenteer met 20 en meer stukke legkaarte.

Maak musiek:
Grawe jou ou kitaar, blokfluit en simbaal uit die motorhuis. Skep musiekinstrumente met net klokkies en blikkies met klippies of rys in.

Maak 'n vulkaan:
Bou 'n vulkaan uit klei of "papier-mache" met 'n gat in die middel. Gooi twee teelepels koeksoda in die vulkaan. Gooi asyn stadig oor die koeksoda en kyk saam met die kleuters hoe die vulkaan lewendig word.

Maak self geskenkpapier:
Koop goedkoop rolle bruin of wit papier. Sny vorms, soos sterre of sirkels, uit aartappels. Druk vorms in verf en druk patrone op die papier af. Sprinkel dit met goue of silwer blinkertjies om dit feestelik te maak. Laat dit droog word en draai jou persente daarmee toe.

Papierbordmaskers:
Gebruik papierborde om diere of snaakse maskers te maak. Gebruik n toutjie of pypskoonmaker om die masker te laat vassit aan die kleuter se gesiggie. Dis n wonderlike aktiwiteit wat help met fyn motoriese ontwikkeling en jou kleuter se denkbeeldige spel.

Papierkuns:     Bewertjie     Papierbootjie     Windmeule
Papierkuns is weer groot nuus en oral te sien. Hier is eenvoudige patrone wat jy self kan vou of vir jou kleuters kan leer en wys om te vou.

Pasta juweliersware
Jy benodig verskillende vorms van ongekookte pasta (skulpies, macaroni, wiele, rigatoni) Sewe verskillede kleure papierverf, wol/tou, wit kouelym, skr en koerante.
Metode:
Gooi koerantpapier oor jou werks oppervlakte. Gooi verskillende pastavormpies op die oppervlakte uit. Verf saam met jou kleuter die pastavormpies verskillende kleure en laat deeglik droog word. Terwyl jy wag dat die verf moet droog word, gooi solank gom in n bakkie of papierbord. Meng n klein hoeveelheid water in die verf in. Neem n tandeborsel en smeer gom aan die geverfde pastavormpies. Dit sal voorkom dat die verf van die pasta afkom. Laat die pastavormpies droog word. Neem n lang genoeg stuk wol/tou om n nekketting of armbandjie te maak. Maak n dubbelknoop aan die een kant van die stuk wol om te voorkom dat die pasta van die wol uitgly. Sodra die pasta droog is, ryg dit in die stuk wol. Gebruik verskillende kleure pastavormpies. Sodra die stringetjie klaar geryg is, knoop die twee punte aan mekaar vas om die ketting of armband te voltooi.

Pompoms
Jy benodig koerante, maskeerband, merker pen, glitter, krammetjiemasjien en gom.
n Dun stok wat by n hardeware winkel gekoop kan word.
Metode:
Hier is n oulike manier om van ou koerante ontslae te raak. Laat jou kleuter 'n bladsy opskeur in 20 strokies oor die lengte. Vou al die strokies in die middel en kram dit saam vas. Neem die bondel strokies en plak dit aan die stok vas met maskeerband. Die kinders kan nou die pompoms versier met merkerpenne, glitter, ens.

Speel boks
Neem n lekker stewige kartonboks. Gee vir die kinders ou tydskrife om prentjies uit te knip.
Laat elkeen nou sy of haar uitgeknipte prentjies op die boks plak.

Speel leer slim:
Kinders ontwikkel voortdurend en gedy as daaglikse roetine 'n interaktiewe speletjie word. Speel Leer Slim is 'n gids om Ma en Pa (en ideaal alle versorgers) te help om hulle kind se liggaam, hart en verstand met weldeurdagte ingryping te help vorm. Dit bevat hope idees vir eenvoudige speletjies om komplekse vaardighede te ontwikkel. (Gemik op kinders tussen 3 en 7 jaar oud.) 'n Kind moet die lewe ervaar om deel daarvan te word. Help jou kind so om die lewe deur haar daaglikse roetine te ervaar: benoem alles waaraan jy raak; verduidelik wat om julle gebeur; wys haar hoe dinge werk en gee haar hope geleenthede om te ontdek en te leer, te beweeg en vrae te vra. Jy hoef nie al die antwoorde te ken nie - leer jou kind van kleins af om self die antwoorde te vind. Hierdie boek is nie 'n afmerklys wat jy arbitrer moet invul of voltooi nie. Dis 'n padkaart om jou op jou kind se ontwikkelingspad te begelei. Daar is nie ouderdomsaanduidings nie, want elke kind ontwikkel teen haar eie tempo. 'n Kind se ontwikkeling is nie 'n resies wat gewen moet word nie. Dit is 'n reis op pad na skoolgereedheid waartydens vaardighede ontwikkel, kennis ontdek en duisende ervarings beleef moet word.   Voorskou van boek...


Speelparke:
Neem jou kleuter na jul naaste speelpark sodat hulle baie kan klim en klouter.

Stensels:
Neem 'n blaar, plaas dit op 'n skoon vel papier en verf dan daaroor. Neem nou die blaar versigtig weg. Laat jou verf so 'n bietjie droog raak. Sodra dit droog is, knip op die buitelyn van die patroon uit. Plaas die uitgeknipte blaarpatroon op skoon papier en verf dan daaroor.

Verf:
As dit baie morsig gaan wees, kan mens hulle buite op 'n plastiektafeltjie laat werk wat na die tyd sommer afgespuit kan word. Meeste vingerverwe is wasbaar. So moenie te veel bekommer oor die morsery nie - geniet dit net.

Vingerpoppe:
Maak jou eie vingerpoppe.       Seerowers   &   engeltjie   &   skoenlappers   &   feetjie   &   oerwoud diere

Vliegtuigkampioen:
100 Papiervliegtuie Word 'n vliegkampioen met hierdie pragtige papiervliegtuie.

Daar is 100 blaaie wat jy kan uitskeur om allerlei opwindende vliegtuigies te vou van vegvliegtuie tot ruimtevuurpyle tot vreemde vliende goggas.

Die boek is vol pragtige ontwerpe vir papiervliegtuie, om te vou en mee te vlieg; gedruk op spesiale uitskeur-bladsye; elke papiervliegtuig is uniek, van vegvliegtuie tot ruimtevuurpyle en vliende goggas.

Dit sluit duidelike instruksies in waarvolgens vliegtuie gevou kan word. Die boek is n briljante present vir enige kind of volwassene! Perfek om kinders besig te hou by n partytjie.



Vrugte en groente afdrukke:
Neem enige vrug of groente en sny dit deur die helfte. (Aartappel - probeer n vorm soos n sterretjie liggies in die aartappel uit te sny). Doop nou liggies die gesnyde kant in die verf en dan op papier. Kyk net die mooi prentjies wat jy kan maak.

Wegkruipertjie:
Wegkruipertjie het 'n hele ander stel rels vir kleuters en juis daaroor is dit pret. Jy kan dit baie maklik vir hulle maak om jou op te spoor, en hulle nie terg wanneer hulle dink hulle kruip weg deur net hulle o toe te druk nie.

Waterballonne
Vra vir mamma om die klein ballonetjies te koop. Maak 'n ballon vol water en knoop dan stewig toe. Kinders staan nou in 'n sirkel en gooi die ballon vir mekaar. Speel totdat die ballon bars.

Woer-woer
Neem 'n lekker sterk wolletjie, tou of gare. Dit moet tenminste 50cm lank wees en 'n groot knoop. Die wol word dan by die knoop se 2 gate ingeryg, vasgeknoop en dan begin die opwen daarvan. So al in die rondte al in die rondte word dit so voor jou geswaai. Die twee wysvingers word as hakkies gebruik en as die wolletjie lekker goed opgewen is dan word dit getrek.

Wolf, wolf, hoe laat is dit?
Al die kinders stap in 'n ry agter die voorste speler, want die wolf is aan. Almal vra vir die wolf: "Wolf, wolf, hoe laat is dit?". Die wolf s dan 'n spesifieke tyd soos "een uur", "elf uur", ens. Die kinders vra herhaaldelik totdat die wolf omdraai en s "etenstyd". Dan moet almal weghardloop en die wolf moet een probeer raak; wat dan weer die wolf word.


Granaatstraat is n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends... Die ondeunde Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om n boek propvol grappe bymekaar te maak. L van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou sal laat skater.

Zackie Mostert Se Groot Grapboek     Lekker lawwe lagboek - Uitgesoekte grappe vir kinders van alle ouderdomme     Lekker Lawwe Lagboek: Uitgesoekte Grappe Vir Kinders Van Alle Ouderdomme - Uitgesoekte grappe vir kinders van alle ouderdomme



Wens jy saam met baie ouers dat kinders met n handleiding gekom het? Miskien het hulle !
Kinders se handleiding is in n groot mate in hulle unieke temperament opgeskryf.
Hierdie boek leer ouers hoe om elke kind se unieke handleiding te volg.

Kweek kinders deur gesonde gesag - Is ek te streng of te sag? (eBook)       Kweek kinders met karakter - uitgawe spesiaal vir besige ma's (eBook# - Hoe om elke boompie na sy aard te buig #eBook)

Die Denneboom - n Kweekplan vir jou dromerige, dierbare en diep kind (eBook)   Die palmboom - n Kweekplan vir jou populre, pretliewende en positiewe kind (eBook)   Die roosboom - 'n Kweekplan vir jou raakvatter, rasionele en rebelse kind! (eBook)   Die sierboom - n Kweekplan vir jou sensitiewe, selfbewuste en skeppende kind (eBook)


Kinder ID



Opgedateer: 16de Julie 2014


" Na Bo "


KOPIEREG 2009-2014 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.